Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 8:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Gideon seun van Joas is toe van die slagveld af terug oor Gerespas.

14. Hy het 'n jong man uit Sukkot gevang en hom ondervra. Die jong man het toe vir hom die name van die sewe en sewentig amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf.

15. Gideon is toe na die mense van Sukkot toe en hy het vir hulle gesê: “Hier is Sebag en Salmunna oor wie julle my gespot het toe julle gesê het: Is Sebag en Salmunna al in jou mag dat ons vir jou moeë manne kos moet gee?”

16. Toe het hy die leiers van die stad gevat en hulle 'n les geleer met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.

17. Hy het ook die toring van Pniël platgeslaan en die mense van die stad doodgemaak.

18. Toe het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Watter soort mense is deur julle vermoor op Tabor?” en hulle antwoord: “Hulle was almal soos u, elkeen het soos 'n koningskind gelyk.”

19. Gideon sê toe: “Hulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.”

20. Toe beveel Gideon sy oudste seun Jeter: “Kom, maak hulle dood!”Maar die seun het nie 'n vinger verroer nie, want hy was 'n blote kind en hy was bang.

21. Toe sê Sebag en Salmunna vir Gideon: “Kom jy, bring jy ons om die lewe. 'n Man se krag lê in homself.”Gideon het opgestaan en vir Sebag en Salmunna doodgemaak. Hy het die maanversierings aan hulle kamele se nekke vir hom gevat.

22. Die Israeliete het vir Gideon gesê: “Jy moet oor ons regeer: jy, jou seun en sy nageslag. Jy het ons gered uit die mag van Midian.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 8