Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 8:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe vra die Efraimiete vir Gideon: “Waarom het jy so gemaak met ons? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?”Die Efraimiete het teen hom uitgevaar,

2. maar hy het vir hulle gesê: “Wat het ek gedoen in vergelyking met julle? Was die na-oes van Efraim se druiwe nie in hierdie geval baie beter as die volle oes van Abiëser nie?

3. God het die leiers van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie.”Eers tóé het hulle bui gesak.

4. Daarna het Gideon by die Jordaan gekom en dit oorgesteek met die drie honderd man by hom. Hulle was moeg, maar hulle het aangehou om die vyand te agtervolg.

Lees volledige hoofstuk Rigters 8