Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 17:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar was 'n man uit die Efraimsberge. Sy naam was Miga.

2. Hy het vir sy ma gesê: “Daar is dertien kilogram silwer van Ma gesteel. Ek het gehoor hoe Ma dit vervloek, maar dit is by my. Ek het dit gevat.”Toe sê sy ma vir hom: “Mag die Here jou seën, my seun.”

3. Die man het die dertien kilogram silwer vir sy ma teruggebring, en toe sê sy: “Ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan 'n afgodsbeeld maak. Ek gee dit vir jou terug, my seun.”

4. Nadat hy die silwer aan sy ma terugbesorg het, het sy sowat twee en 'n half kilogram daarvan gevat en vir 'n silwersmid gegee om 'n afgodsbeeld te maak. Dit is toe in Miga se huis gesit.

5. Miga het naamlik sy eie tempel gehad en hy het 'n efodbeeld en afgodsbeeldjies gemaak. Toe het hy een van sy seuns as priester gewy, en die seun het Miga se priester geword.

6. In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.

Lees volledige hoofstuk Rigters 17