Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 13:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Die vlam het van die altaar af opgegaan hemel toe en die Engel van die Here het in die altaarvlam opgestyg. Manoag en sy vrou het dit gesien en hulle het platgeval op die grond.

21. Die Engel van die Here het nie weer aan Manoag en sy vrou verskyn nie, maar Manoag het besef dat dit die Engel van die Here was.

22. Toe sê Manoag vir sy vrou: “Ons gaan beslis sterf, want ons het God gesien,”

23. maar sy sê vir haar man: “As die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie die brandoffer en graanoffer van ons aangeneem het nie. Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike ding laat sien het en ons vandag hierdie nuus meegedeel het nie.”

24. Die vrou het 'n seun in die wêreld gebring en sy het hom Simson genoem. Die kind het groot geword en die Here het hom geseën:

25. die Gees van die Here het hom in Magane-Dan, tussen Sora en Estaol, begin lei.

Lees volledige hoofstuk Rigters 13