Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:37-51 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. U het my ruim vastrapplek gegee,my enkels het nie geswik nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en ingehaal,ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie.

39. Ja, ek het hulle verpletter,sodat hulle nie weer kon opstaan nie.Hulle het voor my voete gesneuwel.

40. U het my met krag omgord vir die stryd,U het my teëstanders voor my laat swig.

41. U het my vyande voor my laat vlugen ek kon my haters uitwis.

42. Hulle roep om hulpen daar is niemand wat help nie;hulle roep selfs na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maak hulle fyn soos stof in die wind,ek laat hulle wegspat soos modder in die strate,ja, ek vermorsel hulle.

44. U het my gered van opstandige mense,my as hoof van vreemde nasies aangestel.'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.

45. Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my.Vreemde volke kruip voor my.

46. Hulle skrik en kom bewend uit hulle forte uit.

47. Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is.Ek prys my God wat my gered het.

48. Dit is God wat my die oorwinning gee,wat volke aan my onderwerp.

49. Hy red my van my vyande.Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders,U bevry my van geweldenaars.

50. Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here,tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing!

51. Dit is Hy wat aan sy koning groot oorwinnings geeen trou aan sy gesalfde betoon,aan Dawid en sy nageslag vir altyd!

Lees volledige hoofstuk Psalms 18