Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Elke dag wil ek U loof,ek wil u Naam altyd prys.

3. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe,sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Geslag na geslag prys wat U doenen vertel van u magtige dade,

5. van die luister, die heerlikheid van u majesteit.Ek wil getuig van u magtige dade,

6. sodat die mense oor u wonderdade sal praat.Ek wil van u grootheid vertel.

7. Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondigen oor u reddingsdade jubel.

8. Genadig en barmhartig is die Here,lankmoedig en vol liefde.

9. Die Here is vir almal goeden barmhartig oor alles wat Hy geskep het.

10. Almal wat deur U geskep is, loof U, Here,en u troue dienaars prys U!

Lees volledige hoofstuk Psalms 145