Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die mens sloof hom af vir kos,maar sy honger word nooit gestil nie.

8. Watter voordeel het die man met wysheid bo die dwaas? Wat help dit die arme om te weet hoe hy hom moet gedra?

9. Wat die mens het, is beter as wat hy begeer.Ook hier kom dit tot niks.Dit is 'n gejaag na wind.

10. Wat 'n mens is, word reeds met die naam mens gesê, dit is bekend wat hy is: hy is mens. Hy kan nie 'n regstryd voer met die Een wat sterker as hy is nie.

11. Hoe meer woorde, hoe meer kom dit tot niks. Wat baat dit die mens?

12. Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Wie kan vir 'n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?

Lees volledige hoofstuk Prediker 6