Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. wanneer die deure na die straat toe toegemaak word,die geluid van die meul dof word,die tyd wanneer 'n mens opstaan as die voëls begin singal hoor hy geen lied meer nie.

5. Dit is die tyd wanneer hy bang is vir 'n hoogteen vir alles op die pad skrik,die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan,die sprinkaan homself moeisaam voortsleepen die kapperkruid nutteloos word,die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaanen dié wat treur, op die straat rondgaan,

6. die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek worden die goue kruik breek,die kruik by die fontein stukkend breeken die wiel by die put stukkend val,

7. die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was,en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

8. Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.

9. Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak.

10. Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.

Lees volledige hoofstuk Prediker 12