Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dink aan jou Skepper in jou jong daevoor die swaar dae kom,die jare aanbreek waarvan jy sal sê:“Ek het daar niks aan nie.”

2. Dit is die tyd wanneer die son donker sal worden ook die daglig, die maan en die sterre,die tyd wanneer dit weer bewolk word ná die reën.

3. Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe,die sterk manne waggelen die malers ophou maal omdat hulle min geword het,die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk,

4. wanneer die deure na die straat toe toegemaak word,die geluid van die meul dof word,die tyd wanneer 'n mens opstaan as die voëls begin singal hoor hy geen lied meer nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 12