Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dooie vlieë laat salf stink en gis,'n bietjie dwaasheid doen meer kwaad as wat wysheid en eer goed doen.

2. Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag,maar dié van 'n dwaas maak hom swak.

3. Selfs waar die dwaas met die pad langs loop,ontbreek sy verstand;hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is.

4. As die heerser vir jou kwaad word,moenie jou pos verlaat nie;kalmte voorkom groot foute.

5. Daar is 'n verkeerde ding wat ek in hierdie wêreld gesien het,'n fout wat begaan word deur een wat gesag het:

6. die dwaas kry hoë aansienen die rykes ontvang geen eer nie.

7. Ek het slawe te perd gesienen vorste te voet op die grond soos slawe.

8. Wie 'n sloot grawe, val self daarin,wie 'n muur afbreek, word deur 'n slang gepik.

9. Wie klippe afbreek, word daardeur beseer,wie hout kap, moet versigtig wees.

10. As die byl stomp word en nie geslyp word nie,moet jy meer krag gebruik.Dit betaal om jou verstand te gebruik.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10