Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:26-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. “Sewe weke na paasfees wanneer julle die fees van die weke tot eer van die Here begin vier en die graanoffer uit die nuwe oes bring, moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.

27. Julle moet vir die Here as brandoffer wat deur Hom aanvaar word, twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring.

28. Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram,

29. en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram.

30. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring om vir julle versoening te doen.

Lees volledige hoofstuk Numeri 28