Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Toe sê Balak vir Bileam: “Wat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seën hulle!”

12. Bileam het geantwoord: “Ek moes tog presies kom sê wat die Here my voorgesê het.”

13. Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na 'n ander plek toe. Van daar af sal jy net 'n deel van hulle kan sien, nie almal nie. Vervloek hulle vir my van daar af!”

14. Balak vat hom toe na 'n uitkykpos op die top van Pisgaberg. Daar bou hy sewe altare en offer op elke altaar 'n bul en 'n ram.

15. Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by jou brandoffer, terwyl ek eenkant toe gaan om van God 'n openbaring te vra.”

16. Die Here het Hom aan Bileam geopenbaar, hom gesê wat om te sê en hom beveel: “Gaan na Balak toe terug en sê dit vir hom.”

17. Bileam het toe by Balak gekom waar hy en die amptenare van Moab by die brandoffer staan. Balak vra hom toe: “Wat het die Here gesê?”

18. Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Kom luister, Balak,hoor wat ek sê, seun van Sippor.

19. God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie,'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,iets belowe en dit nie uitvoer nie?

20. Ek het die opdrag om te seën:Hý het geseën, en ék kan niks daaraan verander nie.

21. Jy sal nie vind dat 'n ramp vir Jakob tref nie,jy sal Israel nie sien swaarkry nie:die Here hulle God is by hulle;oor Hom, hulle koning, jubel hulle.

Lees volledige hoofstuk Numeri 23