Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Bileam het vir Balak gesê: “Bou hier vir my sewe altare en maak sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.”

2. Balak het gedoen wat Bileam gesê het, en hy en Bileam het toe op elkeen van die altare 'n bul en 'n ram geoffer.

3. Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by jou brandoffer terwyl ek eenkant toe gaan. Miskien sal die Here Hom aan my openbaar, en wat Hy ook al aan my bekend maak, sal ek vir jou sê.”Bileam het na 'n kaal hoogte toe gestap,

4. en daar het God Hom aan Bileam geopenbaar.Bileam het toe gesê: “Ek het sewe altare laat bou en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.”

5. Die Here het vir Bileam gesê wat hy moet sê en hom beveel: “Gaan na Balak toe terug en sê dit vir hom.”

6. Bileam het by Balak gekom waar hy en al die amptenare van Moab by die brandoffer staan.

7. Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Uit Aram het Balak my laat kom,die koning van Moab het my laat komuit die berge in die ooste.‘Kom,’ het hy gesê, ‘vervloek Jakob vir my;kom, kondig 'n ramp aan oor Israel.’

8. Maar hoe kan ek hóm vervloekvir wie God nie vervloek nie,hoe kan ek 'n ramp oor hóm aankondigas die Here dit nie aangekondig het nie?

9. “Hier van die hoë rotse af sien ek vir Israel,van die hoogtes af kyk ek na hom!Ek sien 'n volk wat op sy eie woonen hom van die nasies afsonder.

10. Wie kan die stof tel, wie vir Jakob,wie kan selfs een kwart van Israel se getal bereken?Mag ek ook eendag as opregte sterwe,mag my einde soos hierdie volk s'n wees.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 23