Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. U het koninkryke, volke, aan hulle gegee,gebiede aan hulle toegewys:hulle het die land van Sihon in besit geneem,die land van die koning van Gesbon,en die land van koning Og van Basan.

23. U het hulle nageslag so baie laat wordsoos die sterre aan die hemel.U het hulle gebring na die landwaarvan U aan hulle voorvaders gesê hetdat hulle dit in besit sal kom neem.

24. Hulle kinders het gekom en die land in besit geneem.U het die inwoners van die land, die Kanaäniete,voor u volk laat buigen hulle oorgegee in die mag van u volk.U volk kon doen wat hulle woumet die konings en die volke in die land.

25. U volk het vestingstede beseten vrugbare grond.Hulle het beslag gelê op huisevol kosbare goed,putte wat klaar gegrawe was,wingerde en olyfboorde,vrugtebome in oorvloed.Hulle het geëet, meer as genoeg, vet geword,en hulle verlustig in u groot goedheid.

26. Maar hulle het opstandig geworden teen U in verset gekom,hulle het u wet verwerpen u profete doodgemaakwat hulle gewaarsku het om na U terug te kom.Hulle het skandelike dinge gedoen.

27. Toe het U hulle oorgegee in die mag van hulle teëstanders,dat dié hulle verdruk.Toe dit sleg met hulle gaan,het hulle na U geroep om hulp,en U het uit die hemel hulle gebed verhoor.In u groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee,en dié het hulle gered uit die mag van hulle teëstanders.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9