Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:4-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Meremot seun van Urija, seun van Kos, het die volgende stuk herstel, Mesullam seun van Berekja, seun van Mesesabel, die volgende, en Sadok seun van Baäna die volgende.

5. Die volgende stuk is herstel deur die mense van Tekoa, maar hulle vooraanstaande mense was nie gewillig om swaar werk te doen vir hulle Here nie.

6. Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort herstel. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.

7. Die volgende stuk is herstel deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die manne van Gibeon en Mispa wat in diens was van die goewerneur van Wes-Eufraat.

8. Ussiël seun van Garhaja, en die smede het die volgende stuk herstel, en Gananja, een van die salfmengers, die volgende. Hulle het buite om Jerusalem gebou tot by die Breë Muur.

9. Refaja, seun van Gur en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk herstel,

10. en Jedaja seun van Garumaf die volgende, tot regoor sy huis. Die volgende stuk is herstel deur Gattus seun van Gasabneja.

11. 'n Volgende deel, tot by die Bakoondtoring, is herstel deur Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab.

12. Sallum, seun van Loges en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk gebou, hy en sy dogters.

13. Die Dalpoort is herstel deur Ganun en die inwoners van Sanoag. Hulle het die poort herbou, sy deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en die stuk muur van vier honderd en vyftig meter tot by die Vullispoort gebou.

14. Die Vullispoort self is herstel deur Malkija, seun van Rekab en gesagvoerder oor die stadswyk Bet-Kerem. Hy het die poort herbou en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit.

15. Die Fonteinpoort is herstel deur Sallun, seun van Kol-Gose en gesagvoerder van die stadswyk Mispa. Hy het die poort herbou, die dak opgesit en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en verder ook die muur van die Kanaaldam herbou, van die Koningstuin af tot by die trappe wat uit die Dawidstad afkom.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3