Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:16-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Nehemia, seun van Asbuk en gesagvoerder oor die halwe stadswyk Bet-Sur, het die volgende stuk herstel, tot regoor die Dawidsgrafte en tot by die gemesselde dam en die kwartiere van die lyfwag.

17. Die volgende stuk is herstel deur die Leviete, die eerste deur Regum seun van Bani, en die ander deel deur Gasabja, die gesagvoerder oor die halwe stadswyk Keïla, namens sy wyk.

18. Die volgende stuk is herstel deur hulle ampsgenote, die eerste deur Binnuï, seun van Genadad en gesagvoerder oor die ander helfte van die stadswyk Keïla,

19. en die ander deel deur Eser, seun van Jesua en gesagvoerder oor Mispa. Dit was die deel van regoor die ingang van die wapenkamer af tot by die draai in die muur.

20. Die volgende deel is herstel deur Baruk seun van Sabbai, van die draai af tot by die ingang na die hoëpriester Eljasib se huis.

21. Die volgende stuk, van die ingang na Eljasib se huis af tot aan die anderkant van die huis, is herstel deur Meremot seun van Urija, seun van Kos.

22. 'n Volgende stuk is deur die priesters herstel, die eerste deur die manne van die omliggende gebied,

23. die tweede deel deur Benjamin en Gassub, regoor hulle huise, die derde deel deur Asarja seun van Maäseja, seun van Ananeja, reg voor sy huis.

24. Die volgende stuk, die deel van Asarja se huis af tot by die draai en verder tot in die hoek, is herstel deur Binnuï seun van Genadad.

25. Palal seun van Usai het die stuk herstel van regoor die draai af, en ook die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Die volgende stuk is herstel deur Pedaja seun van Paros,

26. en die tempelslawe wat op die Ofel gewoon het. Dit was die gedeelte tot regoor die Waterpoort aan die oostekant en die aangeboude toring.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3