Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die hoëpriester Eljasib en sy ampsgenote die priesters het begin en die Skaappoort gebou. Hulle het die poort gewy en sy deure ingesit. Daarna het hulle gebou tot by die Toring-van-die-Honderd, dit gewy en toe verder gebou tot by die Gananeltoring.

2. Die manne van Jerigo het die volgende stuk gebou en Sakkur seun van Imri die volgende.

3. Die Senaäfamilie het die Vispoort gebou. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.

4. Meremot seun van Urija, seun van Kos, het die volgende stuk herstel, Mesullam seun van Berekja, seun van Mesesabel, die volgende, en Sadok seun van Baäna die volgende.

5. Die volgende stuk is herstel deur die mense van Tekoa, maar hulle vooraanstaande mense was nie gewillig om swaar werk te doen vir hulle Here nie.

6. Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort herstel. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.

7. Die volgende stuk is herstel deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die manne van Gibeon en Mispa wat in diens was van die goewerneur van Wes-Eufraat.

8. Ussiël seun van Garhaja, en die smede het die volgende stuk herstel, en Gananja, een van die salfmengers, die volgende. Hulle het buite om Jerusalem gebou tot by die Breë Muur.

9. Refaja, seun van Gur en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk herstel,

10. en Jedaja seun van Garumaf die volgende, tot regoor sy huis. Die volgende stuk is herstel deur Gattus seun van Gasabneja.

11. 'n Volgende deel, tot by die Bakoondtoring, is herstel deur Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab.

12. Sallum, seun van Loges en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk gebou, hy en sy dogters.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3