Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:26-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Agija, Ganan, Anan,

27. Malluk, Garim en Baäna.

28. Die res van die gemeente, priesters, Leviete, poortwagte, sangers, tempelslawe en al die ander wat hulle van die heidenvolke afgeskei het met die oog op die wet van God, vrouens, seuns, dogters, almal wat reeds die nodige begrip gehad het,

29. het hulle aangesluit by hulle ampsgenote en leiers. Hulle het 'n dure eed afgelê om te leef volgens die wet van God wat deur Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee is, en om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here, ons Here, en aan sy bepalings en voorskrifte.

30. Verder het hulle onderneem:“Ons sal ons dogters nie met die heidenvolke laat trou nie en hulle dogters nie met ons seuns nie.

31. “Wanneer die heidene handelsware of graan op die sabbatdag bring om te verkoop, sal ons dit nie op die sabbat of op enige gewyde dag van hulle koop nie.“Ons sal die grond al om die sewende jaar onbewerk laat lê en alle skulde vryskeld.

32. “Ons aanvaar die verpligting om elkeen elke jaar vier gram goud by te dra vir die dienswerk in die huis van ons God:

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10