Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 2:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die sluise van die kanale word oopgetrek,en die paleis stort inmekaar.

7. Dit staan vas: Nineve word ontvolk,sy inwoners word weggevoer,sy slavinne kla soos duiwe wat koeren slaan hulleself op die bors.

8. Nineve is soos 'n damwaarvan die water uitloop.“Staan, bly staan!” klink die bevel,maar niemand draai om nie.

9. Die aanvallers roep: “Buit silwer, buit goud!Die voorraad is onuitputlik,daar is nie 'n einde aan mooi goed nie.”

10. Nineve is kaal geplunder, leeggedra, verniel,sy mense is verslae, hulle knieë knak,hulle kry krampe in die onderlyf,almal is bleek van die skrik.

11. Waar is die lêplek van die leeus nou,die jagveld van die jong leeus?Waar is die leeu en sy wyfiewat onbevrees met hulle welpies rondgeloop het?

12. Waar is die leeu wat gevang het vir sy kleintjies,wat die nek van sy prooi vir sy wyfies gebreek het,wat sy boerplek vol vleis gemaak het,sy lêplek met wat hy gevang het?

Lees volledige hoofstuk Nahum 2