Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 1:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob,oor die oortredings van die volk Israel.Wat is die sonde van Jakob?Samaria!Wat is Juda se afgodshoogte?Jerusalem!

6. Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak,'n plek om wingerde te plant.Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi,sy fondamente oopgrawe.

7. Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word,sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word.Ek sal al sy afgode vernietig,want hy het hulle bymekaargemaakmet sy verdienste uit prostitusie.Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.

8. Daarom sal ek rou en huil,sal ek kaalvoet en sonder klere rondloop.Ek sal skreeu soos 'n jakkals,klaag soos 'n volstruis.

9. Samaria se sweer is ongeneeslik,dit het gesprei tot by Juda:dit raak al aan my volk se stadspoort,aan Jerusalem.

10. Moet dit nie in Gat vertel nie,moenie daaroor huil nie,gaan rol liewer in die stof in Bet-Leafra.

11. Gee pad, jy wat in Safir woon,jy is kaal uitgetrek.Jy wat woon in Saänan, kan nie uitkom nie,die mense van Bet-Esel treur,hy kan julle nie meer help nie.

12. Jy wat in Marot woon, is siek van angs,daar het onheil van die Here af gekomtot by die poorte van Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Miga 1