hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here wat gekom het tot Miga van Moreset tydens die regering van die Judese konings Jotam, Agas en Hiskia. Dit handel oor Samaria en Jerusalem.

Die Here wil teen julle getuig

2. Luister, alle volke!Gee aandag, aarde met al jou bewoners!Die Here my God wil teen julle getuig,die Here wil uit sy heilige tempel getuig.

3. Die Here kom uit sy woonplek uit,Hy kom af,Hy kom oor die hoë plekke van die aarde.

4. Berge smelt weg onder Hom,laagtes skeur oop.Soos was in vuur smelt, so smelt die berge,hulle loop teen die hellings af soos water.

5. Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob,oor die oortredings van die volk Israel.Wat is die sonde van Jakob?Samaria!Wat is Juda se afgodshoogte?Jerusalem!

6. Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak,'n plek om wingerde te plant.Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi,sy fondamente oopgrawe.

7. Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word,sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word.Ek sal al sy afgode vernietig,want hy het hulle bymekaargemaakmet sy verdienste uit prostitusie.Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.

8. Daarom sal ek rou en huil,sal ek kaalvoet en sonder klere rondloop.Ek sal skreeu soos 'n jakkals,klaag soos 'n volstruis.

9. Samaria se sweer is ongeneeslik,dit het gesprei tot by Juda:dit raak al aan my volk se stadspoort,aan Jerusalem.

10. Moet dit nie in Gat vertel nie,moenie daaroor huil nie,gaan rol liewer in die stof in Bet-Leafra.

11. Gee pad, jy wat in Safir woon,jy is kaal uitgetrek.Jy wat woon in Saänan, kan nie uitkom nie,die mense van Bet-Esel treur,hy kan julle nie meer help nie.

12. Jy wat in Marot woon, is siek van angs,daar het onheil van die Here af gekomtot by die poorte van Jerusalem.

13. Span die perde voor die strydwa,jy wat in Lakis woon!In Lakis het die sonde van Sion begin,die oortredings van Israel is daar gevind.

14. Daarom is 'n trougeskenk aan Moreset-Gat gegee.Die huise van Aksib is 'n teleurstellingvir die konings van Israel.

15. Jy wat in Maresa woon,die Here laat een wat verower, na jou toe kom.Die trots van Israel sal tot by Adullam kom.

16. Skeer 'n kaal kol op jou kop,skeer 'n kaal kol op jou kop soos dié van 'n aasvoël,want dié oor wie jy bly is,sal van jou af in ballingskap weggevoer word.