Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 3:4-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Dan sal die offer van Juda en Jerusalemweer aanneemlik wees vir die Heresoos in die ou tyd, soos in jare lank verby.

5. Dan sal Ek na julle toe kom as regter:Ek sal sonder versuim regspreekteen dié wat hulle met toordery ophou,teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê,teen dié wat die dagloner te kort doen,die weduwee en die weeskind veronregen die vreemdeling verdring,teen dié wat nie vir My eerbied het nie,sê die Here die Almagtige.

6. Ek, die Here, het nie verander nie,daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.

7. Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifteafgewyk en nie daarvolgens geleef nie.Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe,sê die Here die Almagtige.Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?”

8. Sal 'n mens werklik vir God beroof?Tog beroof julle My.Julle vra: “Waarvan beroof ons U?”Van tiendes en offergawes.

9. Daar rus alreeds 'n vloek op julleen tog bly julle My beroof;die hele nasie doen dit.

10. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toesodat daar iets te ete in my huis kan wees,en toets My hierin, sê die Here die Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemelvir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,meer as wat julle kan gebruik nie.

11. Ek sal die sprinkane keerdat hulle nie die oes op julle land vernietig nie,en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie,sê die Here die Almagtige.

12. Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou;julle sal in 'n begeerlike land woon,sê die Here die Almagtige.

13. Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak,sê die Here.Maar julle vra: “Wat het ons oor U gesê?”

Lees volledige hoofstuk Maleagi 3