Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. “As die gesalfde priester sondig en so die volk skuldig maak, bied hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n bul sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aan die Here aan.

4. Hy bring die bul by die ingang van die tent van ontmoeting, sit sy hand op die bul se kop en slag dit daar in die teenwoordigheid van die Here.

5. Dan vat die gesalfde priester van die bul se bloed, bring dit na die tent van ontmoeting toe,

6. steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewe maal in die teenwoordigheid van die Here op die voorkant van die voorhangsel in die heiligdom.

7. Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting.

8. Hy verwyder ook al die vet van die sondeofferbul, die vet wat die binnegoed bedek, dié aan die binnegoed self,

9. die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word,

10. net soos dit verwyder word by die maaltydofferbul. Die priester verbrand die vet dan op die brandofferaltaar.

11. Die vel van die bul, al die vleis saam met die kop en pote, die binnegoed wat oor is, en die pensmis,

12. die hele bul, word dan buitekant die kamp gebring na 'n rein plek toe, die plek waar die as weggegooi word, en daar op 'n houtvuur verbrand. Dit word op die ashoop verbrand.

13. “As die hele volk Israel onopsetlik sondig, en 'n misdaad teen die Here begaan sonder dat hulle weet dat hulle 'n gebod van die Here oortree,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4