Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Wanneer iemand onopsetlik teen enige van die gebooie van die Here sondig en iets doen wat hy nie mag doen nie, moet soos volg gehandel word:

3. “As die gesalfde priester sondig en so die volk skuldig maak, bied hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n bul sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aan die Here aan.

4. Hy bring die bul by die ingang van die tent van ontmoeting, sit sy hand op die bul se kop en slag dit daar in die teenwoordigheid van die Here.

5. Dan vat die gesalfde priester van die bul se bloed, bring dit na die tent van ontmoeting toe,

6. steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewe maal in die teenwoordigheid van die Here op die voorkant van die voorhangsel in die heiligdom.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4