Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 26:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Julle mag vir julle geen gode maak nie. Julle mag geen beelde of klippilare oprig nie. Julle mag in julle land geen klippe met afbeeldings hê wat deur julle vereer word nie. Ek, die Here, is julle God.

2. Julle moet my sabbatte vier en eerbied hê vir my heiligdom. Ek is die Here.

3. “As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe,

4. sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra.

5. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon.

6. Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap: Ek sal die ongediertes uitroei en daar sal nie oorlog in julle land kom nie.

7. Julle sal julle vyande verdryf en om die lewe bring.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 26