Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 23:40-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem saam met palmblare en takke van digte bome en rivierwilgers, en dan moet julle sewe dae lank met vreugde feesvier by die heiligdom van die Here julle God.

41. Julle moet hierdie fees van die Here elke jaar sewe dae lank vier. Dit moet 'n vaste instelling wees vir julle nageslag. Julle moet dit in die sewende maand vier.

42. Sewe dae lank moet julle in hutte woon, alle gebore Israeliete moet dan in hutte woon.

43. Die doel daarmee is dat julle nageslag moet weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God.”

44. Moses het toe aan die Israeliete die bevele gegee oor die feestye wat deur die Here bepaal is.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 23