Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 22:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir Aäron en sy seuns hulle moet versigtig omgaan met die gewyde gawes wat die Israeliete aan My wy, sodat hulle nie my heilige Naam ontheilig nie. Ek is die Here.

3. Sê vir hulle: Nie een van julle of julle nakomelinge mag ooit van die gewyde gawes wat die Israeliete aan My wy, gebruik terwyl hy onrein is nie. Die persoon wat dit doen, mag nooit weer in my teenwoordigheid diens doen nie. Ek is die Here.

4. “Geen priester uit die geslag van Aäron wat 'n velsiekte of 'n afskeiding het wat hom onrein maak, mag van die gewyde gawes eet voordat hy weer rein is nie. As 'n priester aan enigiets geraak het wat deur 'n lyk verontreinig is, of as hyself 'n saadvloeiing gehad het

5. of aan enige dier of persoon geraak het wat hom op enige manier onrein maak,

6. is hy die res van die dag onrein en mag hy nie van die gewyde gawes eet nie. Eers nadat hy gebad het

7. en die son onder is, is hy weer rein. Daarna moet hy toegelaat word om van die gewyde gawes te eet, want dit is al kos wat hy het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 22