Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:16-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Die Here het Moses ook beveel:

17. “Sê vir Aäron: Geeneen van jou nakomelinge met 'n liggaamlike tekortkoming mag ooit 'n offer aan God bring nie.

18. Geen persoon wat 'n liggaamlike tekortkoming het, mag offer nie: geen blinde of kreupele of iemand met 'n misvormde gesig of liggaamsdeel,

19. of met 'n gebreekte voet of hand,

20. of met 'n boggel of 'n onderontwikkelde liggaam, of met 'n pêrel op die oog, of met skurfte of veluitslag, of 'n beskadigde geslagsdeel nie.

21. Geen persoon uit die priestergeslag mag dus in die heiligdom ingaan om te offer as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie. Hy mag nie 'n offer vir die Here sy God bring as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie.

22. Maar hy mag van die gewyde gawes eet, ook van die besondere gewyde gawes.

23. Hy mag egter nie naby die voorhangsel of naby die altaar kom as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie. Ek, die Here, het hierdie dinge geheilig en dit mag nie ontheilig word nie.”

24. Moses het dit toe vir Aäron en sy seuns en vir al die Israeliete gesê.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21