Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Wanneer iemand vir die Here 'n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied. Hy gooi daar olie oor en sit wierook bo-op.

2. Dan bring hy dit na die Aäronitiese priesters toe, vat 'n handvol van die meel en die olie, en al die wierook, en die priester verbrand dit op die altaar as simbool van die hele offer. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.

3. Die oorblywende deel van die graanoffer is vir Aäron en sy seuns. Dit is 'n besondere gewyde gawe, 'n deel van die vuuroffer wat vir die Here gebring is.

4. “Wanneer jy 'n graanoffer uit die oond aanbied, moet dit van fynmeel wees. Dit kan ongesuurde ringbrood wees, met olie geknie, of ongesuurde roosterkoek, met olie gesmeer.

5. As jou graanoffer op 'n bakplaat gebak word, moet dit van fynmeel wees, geknie met olie en sonder suurdeeg.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2