Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 16:26-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die man wat die bok na Asasel toe gejaag het, moet sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom.

27. Die sondeofferbul en die sondeofferbok waarvan die bloed gebruik is om versoening te doen in die Allerheiligste, moet buite die kampplek verbrand word, velle, vleis, pensmis en al.

28. Die man wat dit verbrand het, moet eers sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom.

29. Julle moet dit as 'n vaste instelling handhaaf dat julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge wat by julle woon, moet vas en alle werk moet staak op die tiende dag van die sewende maand,

30. want op dié dag moet daar vir julle versoening gedoen word sodat julle rein kan wees. Julle moet in die teenwoordigheid van die Here gereinig word van al julle sonde.

31. Dit moet 'n plegtige rusdag wees, 'n dag waarop julle vas, 'n vaste instelling.

32. Die priester wat gesalf is en in die plek van sy vader as hoëpriester georden is, moet die versoening doen. Hy moet die gewyde linneklere aantrek,

33. die Allerheiligste, die tent van ontmoeting en die altaar reinig en versoening doen vir die priesters en die hele gemeente.

34. Die versoening vir die sonde van die Israeliete moet 'n vaste instelling wees. Dit moet elke jaar plaasvind.”Aäron het toe gedoen wat die Here vir Moses beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 16