Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:4-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Hy het my hele liggaam laat wegteer,my bene gebreek.

5. Hy het my toegeboumet 'n muur van gif en ontbering rondom my.

6. Hy maak die donker my tuiste,ek is soos dié wat lankal dood is.

7. Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie,Hy het vir my swaar bronskettings aangesit.

8. Al roep ek en al smeek ek om hulp,Hy weier om my gebed te verhoor.

9. Hy het my pad met klip toegebou,vir my geen uitkomplek gelaat nie.

10. Hy is soos 'n beer wat my inwag,soos 'n leeu wat my voorlê,

11. Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur,my vermink laat lê.

12. Hy het sy boog gespanen my 'n teiken vir sy pyle gemaak.

13. Hy het sy pyle diep in my liggaam ingeskiet.

14. Ek word uitgelag deur my hele volk,hulle sing heeldag spotliedjies oor my.

15. Hy het my bitter dinge laat sluk,die lewe vir my galbitter gemaak.

16. Hy het my gruisklip laat kou,my in die grond getrap.

17. Hy het alle rus van my af weggeneem;ek het al vergeet van voorspoed.

18. Ek het gedink dit is klaar met myen met my hoop op die Here.

19. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my;

20. as ek daaroor nadink,draai my gedagtes vas.

21. Maar dít sal ek ter harte neemen om dié rede bly ek hoop:

22. deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;daar is geen einde aan sy ontferming nie,

23. dit is elke môre nuut.U trou is groot.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3