hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek hoop op God

1. Ek is die man wat ellende belewe het.Die Here het mymet sy toorn geslaan.

2. Hy het my die donker in gejaag,my laat loop op 'n pad sonder lig.

3. Vir my stoot Hy gedurig weg,dag na dag.

4. Hy het my hele liggaam laat wegteer,my bene gebreek.

5. Hy het my toegeboumet 'n muur van gif en ontbering rondom my.

6. Hy maak die donker my tuiste,ek is soos dié wat lankal dood is.

7. Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie,Hy het vir my swaar bronskettings aangesit.

8. Al roep ek en al smeek ek om hulp,Hy weier om my gebed te verhoor.

9. Hy het my pad met klip toegebou,vir my geen uitkomplek gelaat nie.

10. Hy is soos 'n beer wat my inwag,soos 'n leeu wat my voorlê,

11. Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur,my vermink laat lê.

12. Hy het sy boog gespanen my 'n teiken vir sy pyle gemaak.

13. Hy het sy pyle diep in my liggaam ingeskiet.

14. Ek word uitgelag deur my hele volk,hulle sing heeldag spotliedjies oor my.

15. Hy het my bitter dinge laat sluk,die lewe vir my galbitter gemaak.

16. Hy het my gruisklip laat kou,my in die grond getrap.

17. Hy het alle rus van my af weggeneem;ek het al vergeet van voorspoed.

18. Ek het gedink dit is klaar met myen met my hoop op die Here.

19. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my;

20. as ek daaroor nadink,draai my gedagtes vas.

21. Maar dít sal ek ter harte neemen om dié rede bly ek hoop:

22. deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;daar is geen einde aan sy ontferming nie,

23. dit is elke môre nuut.U trou is groot.

24. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe,daarom hoop ek op Hom.

25. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,vir die mens wat na sy wil vra;

26. dit is goed om geduldig te wagop die hulp van die Here;

27. dit is goed vir 'n mensom sy las in sy jeug te dra.

28. Laat hy in sy eensaamheid geduldig blyas God hom die las opgelê het,

29. laat hy hom diep verootmoedig— miskien is daar hoop —

30. laat hy sy wang draai vir wie hom slaan,laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.

31. Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie;

32. as Hy beproewing oor 'n mens gebring het,ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot:

33. dit is teen sy sindat Hy mense in ellende en beproewing bring.

34. Dat al die gevangenes in die landmishandel word,

35. dat iemand se reg vertrap wordvoor die Allerhoogste,

36. dat 'n mens in 'n regsaak veronreg word —die Here sien dit raak!

37. Wie kan iets beplan, en dit gebeur,as die Here nie die bevel gee nie?

38. Is dit nie op bevel van die Allerhoogstedat die kwaad sowel as die goeie te voorskyn kom nie?

39. Wat kla 'n mens oor sy lewe?Hy moet liewer sy sonde oorwin.

40. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoeken ons tot die Here bekeer,

41. laat ons met ons hele hartons hande na God in die hemel uitsteek en bely:

42. “Ons het sonde gedoen en was opstandig;U het nie vergewe nie.”

43. U toorn het ontvlam en U het ons agtervolg,U het 'n slagting aangerig en nie genade betoon nie.

44. U het U met 'n wolk omhulsodat geen gebed na U kon deurkom nie,

45. U het ons die uitvaagsel gemaak,die skuim onder die volke.

46. Al ons vyande rek hulle mond oor ons;

47. angs en benoudheid het oor ons gekom,verlatenheid en verwoesting.

48. Die trane loop in strome uit my oëoor die vernietiging van my volk.

49. My trane sal aanhou vloei,dit sal nie ophou nie,

50. totdat die Here uit die hemel afkyken dit raaksien.

51. Wat my oë sien, maak my hartseeroor al die dogters van my stad.

52. Mense het op my jag gemaak soos op 'n voël,hulle is sonder rede vyandig teenoor my,

53. hulle het my in 'n put gegooien klippe op my afgerol om my dood te maak;

54. die water het tot by my kop gestyg,ek het gedink dit is klaar met my.

55. Ek het na U geroep, Here,uit die dieptes uit.

56. U het gehoor hoe ek smeek:“Moet tog nie afsydig staan nie,gee uitkoms en red my!”

57. U het na my toe gekom toe ek geroep het,U het gesê: “Moenie bang wees nie!”

58. U verdedig my saak, Here,U red my lewe.

59. U sien die onreg teen my, Here,lewer tog uitspraak in my guns,

60. U sien hoe hulle my haat,hoe hulle teen my saamspan.

61. U hoor self hoe hulle my beledig, Here,hoe hulle teen my saamspan,

62. hoe hulle heeldag oor my praat en spot.

63. Of hulle sit en of hulle staan,hoor hoe sing hulle spotliedjies oor my.

64. Straf hulle, Here,volgens wat hulle gedoen het,

65. laat benoudheid hulle oorval,tref hulle met u vloek,

66. agtervolg hulle in u toornen verdelg hulle, weg onder u hemel uit.