Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:14-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Ek word uitgelag deur my hele volk,hulle sing heeldag spotliedjies oor my.

15. Hy het my bitter dinge laat sluk,die lewe vir my galbitter gemaak.

16. Hy het my gruisklip laat kou,my in die grond getrap.

17. Hy het alle rus van my af weggeneem;ek het al vergeet van voorspoed.

18. Ek het gedink dit is klaar met myen met my hoop op die Here.

19. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my;

20. as ek daaroor nadink,draai my gedagtes vas.

21. Maar dít sal ek ter harte neemen om dié rede bly ek hoop:

22. deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;daar is geen einde aan sy ontferming nie,

23. dit is elke môre nuut.U trou is groot.

24. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe,daarom hoop ek op Hom.

25. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,vir die mens wat na sy wil vra;

26. dit is goed om geduldig te wagop die hulp van die Here;

27. dit is goed vir 'n mensom sy las in sy jeug te dra.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3