Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:34-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Aan die Levitiese families wat oorgebly het, dié in die Merarigroep, is in die stamgebied van Sebulon toegeken: Jokneam, Karta,

35. Dimna en Nahalal, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

36. in die stamgebied van Ruben: Beser, Jahas,

37. Kedemot en Mefaät, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

38. en in die stamgebied van Gad die asielstad Ramot in Gilead, Maganajim,

39. Gesbon, Jaser, dié vier stede elkeen met sy weiveld.

40. Vir die oorblywende families, dié in die Merarigroep, is dus altesaam twaalf stede geloot.

41. Die Leviete het altesaam ag en veertig stede met weivelde gehad in die woongebied van die Israeliete.

42. Elke stad het weiveld rondom hom gehad. Dit was die geval met al dié stede.

43. Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Josua 21