Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:29-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Jarmut en En-Gannim, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

30. in die stamgebied van Aser: Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

32. en in die stamgebied van Naftali die asielstad Kedes in Galilea, en Gammot-Dor en Kartan, dié drie stede elkeen met sy weiveld.

33. Die Gersonfamilies het dus altesaam dertien stede met weivelde gehad.

34. Aan die Levitiese families wat oorgebly het, dié in die Merarigroep, is in die stamgebied van Sebulon toegeken: Jokneam, Karta,

35. Dimna en Nahalal, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

36. in die stamgebied van Ruben: Beser, Jahas,

37. Kedemot en Mefaät, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

38. en in die stamgebied van Gad die asielstad Ramot in Gilead, Maganajim,

39. Gesbon, Jaser, dié vier stede elkeen met sy weiveld.

40. Vir die oorblywende families, dié in die Merarigroep, is dus altesaam twaalf stede geloot.

41. Die Leviete het altesaam ag en veertig stede met weivelde gehad in die woongebied van die Israeliete.

42. Elke stad het weiveld rondom hom gehad. Dit was die geval met al dié stede.

43. Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon.

44. Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee.

45. Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.

Lees volledige hoofstuk Josua 21