Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 20:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Josua gesê: “Sê vir die Israeliete:

2. Julle moet nou die asielstede afstaan wat Ek julle deur Moses beveel het,

3. sodat iemand wat onopsetlik en sonder voorbedagte rade die dood van 'n ander veroorsaak het, daarheen kan vlug om aan die wraak van 'n bloedverwant van die oorledene te ontkom.

4. “Wanneer so iemand na een van dié stede toe vlug, moet hy by die ingang van die stadspoort gaan staan en sy saak stel aan die leiers van die stad. Hulle moet hom dan in die stad opneem en hom 'n woonplek by hulle gee.

5. As die bloedverwant van die oorledene hom agtervolg, moet die leiers hom nie aan die bloedverwant uitlewer as hy onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het en nie kwaadgesind teen hom was nie.

6. Die vlugteling moet in die stad bly totdat hy voor die bevoegde vergadering tereggestaan het en totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Eers dan mag die persoon wat die dood veroorsaak het, vry teruggaan huis toe na die stad waar hy vandaan gevlug het.”

Lees volledige hoofstuk Josua 20