Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:47-51 Afrikaans 1983 (AFR83)

47. Die stam Dan het sy gebied verloor en het toe vir Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad beset en daar gaan woon. Hulle het Lesem die naam Dan gegee, na hulle voorvader Dan.

48. Dié stede met hulle buiteposte was die eiendom van die families in die stam Dan.

49. Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het hulle aan Josua seun van Nun 'n eiendom tussen hulle toegeken.

50. Op bevel van die Here het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het. Dit was Timnat-Serag in die Efraimsberge. Josua het die stad herbou en daar gaan woon.

51. Dit was dan die woongebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het die verdeling van die land afgehandel deur loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, by die ingang van die tent van ontmoeting.

Lees volledige hoofstuk Josua 19