Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die hele Israelitiese volksvergadering het in Silo bymekaargekom en die tent van ontmoeting daar opgeslaan. Die land was nou onderwerp,

2. maar daar was nog sewe van die Israelitiese stamme wat nie hulle eie grondgebied ontvang het nie.

3. Josua het vir die Israeliete gesê: “Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?

4. Bring drie man uit elke stam dat ek hulle kan stuur en dat hulle die res van die land kan deurgaan en 'n beskrywing kan maak van die verskillende dele en dit vir my bring.

5. Hulle moet die gebied in sewe dele verdeel. Juda behou sy gebied in die suide, en die nageslag van Josef hulle s'n in die noorde.

6. “Julle moet 'n beskrywing maak van die sewe dele van die land en dit vir my bring dat ek die loting hier in die teenwoordigheid van die Here ons God kan maak.

Lees volledige hoofstuk Josua 18