Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 17:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Behalwe Gilead en Basan oos van die Jordaan het Manasse dus nog tien dele ontvang,

6. want hierdie dogters uit die Manassestam het grondgebied ontvang saam met die mans. Die Gileadstreek het behoort aan die res van die stam Manasse.

7. Die gebied van Manasse strek van Aser af tot by Mikmetat regoor Sigem, en die grens loop daarvandaan suid en sluit die inwoners van En-Tappuag in.

8. Die Tappuagstreek het aan Manasse behoort, maar Tappuag self, op die grens van Manasse, het behoort aan die mense van Efraim.

9. Van Tappuag af loop die grens af na Kanaspruit toe. Suid van die spruit lê stede van Efraim tussen dié van Manasse. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood aan die see.

10. Efraim was aan die suidekant en Manasse aan die noordekant. Die gebied van Manasse loop tot teen die see, en grens noord aan Aser en oos aan Issaskar.

Lees volledige hoofstuk Josua 17