Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Aan Kaleb seun van Jefunne het Josua, soos die Here hom beveel het, 'n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, naamlik Kirjat-Arba, dit is Hebron. Arba was die voorvader van die Enakiete.

14. Kaleb het die Enakiete Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, al drie Enakskinders.

15. Daarvandaan het Kaleb die mense van Debir gaan aanval. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.

16. Kaleb het gesê: “Aan die man wat Kirjat-Sefer verslaan en inneem, gee ek my dogter Aksa as vrou.”

17. Kaleb se stamgenoot Otniël seun van Kenas het die stad ingeneem, en Kaleb het sy dogter Aksa aan hom as vrou gegee.

18. Toe sy by Otniël kom, het sy by hom aangehou dat hulle vir haar pa landbougrond moet gaan vra. Toe sy van die donkie afklim, vra Kaleb vir haar wat sy wil hê,

Lees volledige hoofstuk Josua 15