Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dit is die woord van die Here wat gekom het tot Joël seun van Petuel:

2. Luister hierna, leiers van die volk,gee aandag, al die inwoners van die land!Het so iets al in julle tyd gebeurof in dié van julle voorvaders?

3. Vertel dit aan julle kinders,en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel,en dié weer aan húlle nageslag!

4. Wat nie deur die eerste sprinkaanswerm opgevreet word nie,word deur 'n volgende opgevreet;wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n derde,en wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n vierde.

5. Word nugter, dronkaards, en huil;kla oor die wynwat julle nie meer sal kry nie, al julle wynsuipers!

6. 'n Volk trek op teen my land;die volk is sterk en sonder getal;sy tande is soos dié van 'n leeu,sy kakebene soos dié van 'n leeumannetjie.

7. Hy het my wingerd verwoes,my vyeboom afgebreek,dit kaalgestroop en laat lê;die lote se bas is afgevreet.

Lees volledige hoofstuk Joël 1