hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die dag van die Here is 'n dag van verwoesting

1. Dit is die woord van die Here wat gekom het tot Joël seun van Petuel:

2. Luister hierna, leiers van die volk,gee aandag, al die inwoners van die land!Het so iets al in julle tyd gebeurof in dié van julle voorvaders?

3. Vertel dit aan julle kinders,en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel,en dié weer aan húlle nageslag!

4. Wat nie deur die eerste sprinkaanswerm opgevreet word nie,word deur 'n volgende opgevreet;wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n derde,en wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n vierde.

5. Word nugter, dronkaards, en huil;kla oor die wynwat julle nie meer sal kry nie, al julle wynsuipers!

6. 'n Volk trek op teen my land;die volk is sterk en sonder getal;sy tande is soos dié van 'n leeu,sy kakebene soos dié van 'n leeumannetjie.

7. Hy het my wingerd verwoes,my vyeboom afgebreek,dit kaalgestroop en laat lê;die lote se bas is afgevreet.

8. Julle moet rou soos 'n bruid rou oor haar bruidegom.

9. Die graanoffer en die drankoffer is weggeneemuit die huis van die Here.Die priesters wat in die diens van die Here staan, treur.

10. Die weiding is weggevreet,die veld treur.Die koringoes is weggevreet,van die wyn het daar niks gekom nie;die olyfolie het verdwyn.

11. Julle moet verslae staan, saaiboere,oor die koring en die gars,want die oes op die land is tot niet.Kla, vrugteboere,

12. die wingerd het verdor;die vyeboom staan verdroog,die granaat, die dadel en die appel,ja, al die bome in die boord het verdor.Daar het 'n einde gekom aan die vreugde van die mense.

13. Trek rouklere aan, treur, priesters!Kerm, julle wat diens doen by die altaar!Dra julle rouklere selfs snags,julle wat in die diens van my God is:die graanoffer en die drankoffer is weggeneemuit die huis van julle God.

14. Bepaal 'n vasdag, roep die gemeente bymekaar,bring die leiers en al die inwoners van die landna die huis van die Here julle God toe.Roep tot die Here!

15. Die vreeslike dag!Die dag van die Here is naby:dit is 'n dag van verwoesting,dit kom van die Almagtige af.

16. Voor ons oë is ons kos weggevat;blydskap en gejuig het uit die huis van ons God verdwyn.

17. Die saad lê verskrompel onder die kluite,die graanskure lê verlate,die skure lê afgebreek,want die koringoes het misluk.

18. Die vee bulk en blêr:die troppe beeste dwaal rond,want hulle het niks om te vreet nie,ook die kleinveetroppe kry swaar.

19. Ek roep tot U, Here,want 'n vuur het die weiveld verteer,'n brand het al die bome in die veld weggebrand.

20. Die diere in die veld wag op uitkoms van U af,want die spruite het opgedroog,'n vuur het die weiveld verteer.