Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Roep maar! Niemand sal jou antwoord nie.Is daar selfs 'n engel na wie jy jou sou kon wend om hulp?

2. “Verbitterdheid maak 'n dwaas dood,onbeheerstheid vernietig 'n onverstandige.

3. Ek het gesien dat 'n dwaas wortel skiet,maar skielik tref 'n ramp sy huis

4. en daar is geen hulp vir sy kinders nie;hulle word veronreg in die hofen niemand behartig hulle saak nie.

5. “Wat 'n dwaas geoes het, word deur honger mense opgeëet;hulle haal dit uit selfs waar dit tussen die dorings weggepak is.Dié wat niks het nie, gryp gretig na sy besittings.

6. Ellende kom nie sommerso uit die grond uit op nie,swaarkry skiet nie sommer uit die aarde uit op nie.

7. Die mens is vir swaarkry gebore,en sy lewe is kortstondig soos 'n vonk wat opskiet.”

8. “As ek jý was, sou ek my tot God wenden my saak aan Hom voorlê.

9. Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik,wonder op wonder.

10. Dit is Hy wat reën op die aarde gee,wat water oor die veld uitgiet.

11. Dit is Hy wat die vertraptes weer optel,wat uitkoms gee aan dié wat ly.

12. Dit is Hy wat die planne van slinkse mense verydelsodat hulle niks blywends tot stand bring nie.

13. Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne;wat geslepe mense besluit, maak Hy gou tot niet.

14. Helder oordag oorval die donkerte hulle,in die middel van die dag tas hulle rond asof dit nag is.

Lees volledige hoofstuk Job 5