Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het Job vir die Here gesê:

2. “Nou weet ek dat U tot alles in staat isen dat U kan uitvoer wat U besluit.

3. Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboomsonder dat hy die insig gehad het?Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie:u wonderdade was te groot vir my,ek het dit nie verstaan nie.

4. U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat,Ek sal vra, antwoord jy My.

5. Tot nou toe het ek net gehoorwat mense van U sê,maar nou het ek U self gesien,

6. en nou verag ek myself,nou sit ek vol berou, in sak en as.”

7. Nadat Hy met Job gepraat het, het die Here vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.

8. Vat sewe bulle en sewe ramme en gaan na my dienaar Job toe en offer dit as 'n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie. Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.”

9. Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here gesê het, en die Here het Job se gebed verhoor.

10. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.

11. Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Elkeen het vir hom 'n stuk silwer en 'n goue ring gegee.

Lees volledige hoofstuk Job 42