Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:12-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Sy stert is so reguit soos 'n seder.Sy boudspiere is inmekaar gevleg.

13. Die bene in sy lyf is soos bronspype,soos stukke yster.

14. Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste,net sy Maker kan hom verslaan.

15. Die berge lewer vir hom die wateren al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê tussen waterplante,hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante is sy skuiling,rondom hom is rivierpopuliere.

18. As die rivier sterk word, skrik dit hom nie af nie,hy bly rustig al styg die Jordaan hoe hoog.

19. Wie kan hom van voor af pak,wie kan 'n vangtou aan sy neus sit?

20. “Kan jy 'n krokodil met 'n hoek vangof hom 'n tou in die bek sit?

21. Kan jy 'n lyn deur sy neus steekof sy kakebene met 'n hoek vastrek?

22. Sal hy jou soebat om genadeof by jou mooipraat?

23. Sal hy 'n ooreenkoms met jou aangaanom vir altyd jou slaaf te wees?

24. Sal jy hom kan mak maak soos 'n voëltjieof kan jy hom met 'n lyn vasmaak vir jou dogtertjies?

25. Sal handelaars oor 'n prys vir hom kan kibbel?Sal hy onder kopers verdeel kan word?

26. Sal jy harpoene deur sy vel kan gooiof hom met 'n haak aan die kop kan vang?

27. Pak hom gerus met kaal hande:jy sal die geveg onthou,jy sal nie weer probeer nie.

28. Jy sal die slegste daarvan afkom.Wanneer jy hom sien,is jy al klaar oorweldig.

Lees volledige hoofstuk Job 40