Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Vrees en angs het my oorval,my liggaam het verskriklik gebewe.

15. 'n Gees het voor my verby gesweef,en my hare het orent gaan staan.

16. “Die gees het stil gaan staan.Hoe hy lyk, kon ek nie sien nie,daar was net 'n gedaante voor my.Dit was stil en toe hoor ek 'n stem:

17. ‘Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van Goden sonder blaam voor sy Maker staan?

18. In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie,voor Hom is selfs sy engele vol gebreke,

19. hoeveel te meer hulle wat in huise van klei woon,mense wat uit stof opgebou is,mense wat soos 'n mot pap gedruk kan word.

20. Tussen oggend en aand word hulle vernietig,hulle verdwyn vir altyd en word vergeet,

21. hulle gaan tot niet,hulle sterf sonder dat hulle wysheid verwerf het.’

Lees volledige hoofstuk Job 4