Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Hulle is soos leeus,maar hoe 'n leeu ook al brul of grom,as sy tande uitgebreek word,

11. gaan selfs die sterkste leeu dood van die hongeren kom sy kleintjies om.”

12. “'n Woord het geheimsinnig by my gekom,my oor het die fluistering daarvan opgevang.

13. In die tyd wanneer ander diep slaap,is ek ontstel deur 'n gesig in die nag.

14. Vrees en angs het my oorval,my liggaam het verskriklik gebewe.

15. 'n Gees het voor my verby gesweef,en my hare het orent gaan staan.

16. “Die gees het stil gaan staan.Hoe hy lyk, kon ek nie sien nie,daar was net 'n gedaante voor my.Dit was stil en toe hoor ek 'n stem:

17. ‘Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van Goden sonder blaam voor sy Maker staan?

18. In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie,voor Hom is selfs sy engele vol gebreke,

19. hoeveel te meer hulle wat in huise van klei woon,mense wat uit stof opgebou is,mense wat soos 'n mot pap gedruk kan word.

20. Tussen oggend en aand word hulle vernietig,hulle verdwyn vir altyd en word vergeet,

21. hulle gaan tot niet,hulle sterf sonder dat hulle wysheid verwerf het.’

Lees volledige hoofstuk Job 4