Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Hy sal nie die strome water geniet nie,nie die strome heuning en dikmelk nie.

18. Wat hy met moeite verwerf het, moet hy teruggee,hy kan dit nie geniet nie,hy sal hom nie verlustig aan die weeldewat hy deur sy besigheid verkry het nie.

19. Hy verdruk mos die armes en los hulle net so,hy vat sommer vir hom 'n huis,hy bou dit nie self nie.

20. Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie,hy kom nie vry van sy hebsug nie.

21. Niks ontsnap sy vraatsug nie,daarom hou sy voorspoed nie stand nie.

22. Met sy oorvloed en al tref 'n ramp hom,kom die swaarkry met volle krag op hom af.

23. Terwyl hy hom nog so vol eet,laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek,oorval God hom met oorlog.

24. Hy vlug nog vir 'n ysterwapen,dan deurboor 'n bronspyl hom.

25. Terwyl hy dit uit sy rug uit trek,die glansende punt uit sy gal,oorval die doodsvrees hom.

26. Al sy skatte is bestem om vernietig te word,'n vuur verteer hom, selfs al word dit nie aangeblaas nie.Dit verbrand wat in sy huis oorbly.

Lees volledige hoofstuk Job 20