Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Wie is dit wat daar aankom uit Edom,wat daar uit Bosra kom met bloedrooi klere aan?Wie is so indrukwekkend met daardie rooi klere aan,so vol krag?Dit is Ek, die Here,Ek wat oorwinning aankondig,wat magtig is om te red.

2. Waarom is u klere so rooi,waarom lyk dit soos dié van iemand wat die wynpers trap?

3. Ek alleen het die wynpers getrap,niemand van die volke het My bygestaan nie.Ek het op hulle getrap in my toorn,Ek was woedend en Ek het hulle getrap.Hulle bloed het op my klere gespat,en Ek het my klere daarmee rooi gemaak.

4. Ek het besluit om nou my vyande te straf;die tyd van verlossing vir my volk het aangebreek.

5. Ek het rondgekyk, maar daar was niemand om te help nie,Ek was ontsteld toe niemand My bystaan nie.Ek het self opgetree,my woede het My bygestaan.

6. Ek het volke getrap in my toorn,Ek het hulle laat steier deur my woede,Ek het hulle bloed oor die grond laat vloei.

7. Ek sal die troue liefde van die Here verkondig,die roemryke dade van die Here,alles wat Hy vir ons gedoen het,sy groot goedheid vir Israel,alles wat Hy gedoen het in sy genade,in sy groot liefde.

8. Hy het gesê: Hulle is my volk,kinders wat nie ontrou sal word nie.Daarom het Hy hulle gered

9. uit al hulle nood.Hy was vir hulle nie 'n vyand nie,Hy self was die engel wat hulle gered het.Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming;Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63