Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 62:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Julle moenie stilbly nie totdat Hy Jerusalem herstel het,totdat Hy die hele wêreld die roem van Jerusalem laat sing het.

8. Die Here het 'n eed afgelê,en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen:Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie,uitlanders sal nie weer die wyn drinkwaarvoor jy hard gewerk het nie.

9. Dié wat die koring oes, sal dit eeten hulle sal My loof;dié wat die druiwe oes,sal die wyn drink in die voorhof van my heiligdom.

10. Gaan uit, gaan uit by die poorte,maak die pad gereed vir die volk!Vul die grootpad op, vul dit op!Vat weg die klippe!Steek 'n banier op dat die volke dit kan sien!

11. Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan:“Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom!Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom,dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.”

12. Hulle sal genoem word: “Gewyde volk,volk wat deur die Here verlos is.”En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad,stad wat nie verlate lê nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 62